Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het bevestig die ANC is steeds besig met samesprekings met ander partye om ’n ooreenkoms te bereik oor die begroting voor wetmakers dit op 3 April moet aanvaar.
Lees ook: Kyk hier die begrotingtoespraak
Enoch Godongwana, die minister van finansies, het ’n 0.5%-verhoging vir BTW voorgestel in die 2025/2026 finansiële jaar en nog ’n verdere verhoging van 0.05% vir die 2026/27 finansiële jaar.
Verskeie partye, insluitend die DA, EFF, MK-Party en ActionSA, het die begroting oor die BTW-verhoging verwerp.
Godongwana het beweer die DA het in ’n brief aan president Cyril Ramaphosa gesê dit sal instem tot die verhoging as die ANC die Onteieningswet skrap.
Die finanskomitees sal Woensdag vergader om oor die fiskale raamwerk stem.
Bronne: IOL, EWN, Jacaranda FM
Lees ook: Kyk hier die begrotingtoespraak





