ROEMENIЁ. – Andrew Tate en sy broer, Tristan, het glo Roemenië verlaat en is na bewering op pad na Florida in die VSA. Hulle prokureur het aan CNN gesê die broers het Roemenië vanoggend verlaat.
Lees ook: ‘Slagoffers’ van Andrew Tate bekommerd oor Trump se betrokkenheid by saak
Tate en sy broer is verbied om Roemenië te verlaat na hulle in hegtenis geneem is vir die vorm van ‘n kriminele bende om vrouens seksueel uit te buit, mensehandel, mensehandel van minderjariges, verkragting en geldwassery. Hulle word ook in die VK aangekla van verkragting en mensehandel.
Daar was verlede week berigte dat Donald Trump se administrasie druk plaas op Roemeense owerhede om die Tate-broers toe te laat om te reis.
Die Roemeense eerste minister, Marcel Ciolacu, het ontken dat die Amerikaanse regering druk op hom geplaas het om die broers toe te laat om te reis.
Bronne: The Independent, CNN, BBC
Lees ook: ‘Slagoffers’ van Andrew Tate bekommerd oor Trump se betrokkenheid by saak





