Brekende Nuus
Afrikaans

Andrew van sy laaste militêre titel gestroop

Andrew se laaste militêre titel gestroop

fotokrediet: X
Andrew se laaste militêre titel gestroop fotokrediet: X

VK. – Andrew Mountbatten Windsor is van sy laaste militêre titel gestroop. Die VK-verdedigingsraad het sy titel van vise-admiraal weggeneem; hy is nou slegs ‘n “commander”.

Lees ook: Koning Charles gaan Andrew van laaste militêre titel stroop

Die verdedigingsekretaris, John Healey, het voorheen gesê die verdedigingsministerie soek maniere om Andrew van sy rang te stroop nadat koning Charles aangedui het dit is sy wens.

Andrew, eens die Hertog van York, het nou al sy titels verloor oor sy bande met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein.

Bronne: Daily Mail, The Sun, Metro

Lees ook: Koning Charles gaan Andrew van laaste militêre titel stroop