Andrew verloor titel as prins en sal uit Royal Lodge trek

Lees ook :

Andrew verloor prins titel en sal uit Royal Lodge uit trek oor Virginia Giuffre fotokrediet: X

VK. – Luidens ‘n verklaring gisteraand deur Buckingham-paleis sal Andrew, die broer van koning Charles, nou bekend staan as Andrew Mountbatten Windsor nadat hy die titel van prins verloor het. Andrew sal ook uit die Royal Lodge trek.

Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe

Volgens die paleis het die koning “die formele proses begin om die styl, titels en eerbewyse van Andrew te verwyder”. Andrew is ‘n formele kennisgewing gegee om die huurkontrak van Royal Lodge op te gee.

Die verklaring lui voorts “dit is nodig ten spyte van die feit dat Andrew die aantygings teen hom ontken”. Die paleis het ook ondersteuning vir slagoffers van “alle vorme van mishandeling” uitgespreek.

Andrew het sy titel verloor ná weke se druk op die koninklike familie oor sy verhouding met Jeffrey Epstein en die vrystelling van Virginia Giuffre se memoir. Giuffre het Andrew voorheen beskuldig dat hy haar drie keer seksueel aangerand het.

Sy is in April oorlede aan selfdood. Haar familie het gesê die besluit was vir haar ‘n oorwinning en dat sy “’n prins laat val het met haar waarheid en braafheid”.

Bronne: BBC, The Independent, The Sun

Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief