Anneke Rossouw-fonds staan al op meer as R1 miljoen

Lees ook :

Foto: Facebook

Die Anneke Rossouw-fonds het reeds R1 020 496 ingesamel sedert Rossouw in 2018 met ’n aggressiewe velkanker, maligna melanoma, gediagnoseer is.

Sedert verlede jaar het haar man en ander ondersteuners baie fondsinsamelingprojekte geloods om geld vir haar behandelings in te samel.

Anneke Kruger, ’n inwoner van Kimberley, wat self ook al kanker gehad het, het op die Anneke Rossouw Fund se Facebook-blad gesê hoe dankbaar sy is. “Om te dink hoe ons ou klein dorpie, waaroor so baie mense negatief is, kan saamstaan. Binne agt maande, vandat ek betrokke geraak het by hierdie projek, het ons al R1 020 850 bymekaargemaak.”

Sy sê daar is tans R55 990.45 in die fonds se rekening en daar kort nog R39 800.

Sy het vir Anneke Rossouw gesê: “Ek weier om ’n belofte te maak om te kyk dat jou dogter eendag die mooiste matriekafskeid sal hê, dit is jou werk,” sê sy.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App