Anonieme weldoener verras met betaling van 260 uitstaande ‘lay-by’-aankopies

Lees ook :

Foto: PEP

OOS-KAAP. – ’n Anonieme weldoener het Maandag vir ‘n groot verrassing gesorg toe hy alle uitstaande lay-bys by PEP in Aberdeen betaal het. Die bedrag uitstaande op die 260 bêrekopies het R132 500 beloop.

Die onbekende besoeker het aan winkelpersoneel gevra hoeveel lay‑bys nog uitstaande was en het onmiddellik die volledige bedrag vereffen. Beyers van der Merwe, PEP se hoof- uitvoerende bemarkingsbeampte het gesê: “Ons was heeltemal verras. Hierdie daad van goedheid het 260 gesinne die verligting en waardigheid gegee om noodsaaklike items soos skoolbenodigdhede en babaklere huis toe te neem, baie net betyds vir die feestyd.”

PEP het sedert 2020 ‘n Lay‑by Buddy‑inisiatief, waarmee enige persoon ‘n Lay‑by Buddy kan word deur bydraes te maak wat regstreeks iemand anders se uitstaande bêrekopie kan vereffen, hetsy in die winkel of aanlyn.

Bronne: Good Things Guy en IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief