Lees ook: Man in Durban toets positief vir aappokke
Die departement van gesondheid het gisteraand bevestig daar is nou 13 gevalle van apokke in Suid-Afrika.
Sewe gevalle is in KwaZulu-Natal, vyf in Gauteng en een in die Wes-Kaap. Die dodetal is steeds net twee.
Volgens die departement van gesondheid is die entstof vir appokke nou in SA beskikbaar.
Die departement het persone met simptome aangemoedig om na ‘n hospitaal te gaan.
Simptome sluit in ’n uitslag wat twee tot vier weke aanhou, koors, hoofpyn, spierpyn, rugpyn, lae energie en geswolle kliere.
Bronne: IOL, The Citizen, SA News
Lees ook: Gesondheidsdepartement waarsku oor aappokke en verkoue wat vermeerder





