Lees ook: Dept. van gesondheid reik waarskuwing uit na geval van aappokke in SA
DURBAN. – Die departement van gesondheid het bevestig ‘n tweede geval van aappokke is in SA aangemeld.
‘n Man (39) wat in Addington-hospitaal in Durban opgeneem is, het positief vir aappokke getoets.
Die departement van gesondheid se woordvoerder het gesê die man het nie na plekke waar daar tans ‘n uitbraak van aappokke is, gereis nie.
Foster Mohale het gesê die departement werk om vas te stel wie in kontak met die man was. Hulle wil ook vasstel of hy in kontak was met die man in Gauteng wat aappokke gehad het.
Bronne: Jacaranda FM, IOL, Algoa FM
Lees ook: Dept. van gesondheid reik waarskuwing uit na geval van aappokke in SA





