Lees ook: Verkoue-infeksies is aan die toeneem
Die departement van gesondheid het gister aangekondig ‘n man (39) in Durban het positief vir aappokke getoets. Hulle het gesê die man het nie ‘n geskiedenis van reis na lande wat tans ‘n uitbraak van aappokke het nie.
Die departement probeer vasstel met wie die man in kontak was. Dit is die tweede geval van aappokke wat in die land aangemeld is.
Die departement van gesondheid het mense gewaarsku om hulle te laat toets as hulle simptome van aappokke het. Daar is ook ‘n waarskuwing uitgereik oor verskeie verkouevirusse wat in omloop is. Dit sluit in Influenza A (H1N1) (voorheen varkgriep), Influenza B/ Victoria en Influenza A (H3N2).
Bronne: IOL, The Citizen, SA News
Lees ook: Verkoue-infeksies is aan die toeneem





