Appel se ‘Genadewater’ dra boodskap van genade en hoop

Lees ook :

Foto: Hendri Fourie

Die gewilde Afrikaanse sanger Appel het ’n nuwe enkelsnit, Genadewater, vrygestel wat ’n sterk boodskap van hoop, liefde en geloof oordra.

Volgens Fanie Nel van die Coleske Groep handel die lied oor God se onvoorwaardelike genade en herinner dit luisteraars dat geen mens se verlede groter is as God se liefde nie. Die snit kombineer ’n aansteeklike melodie met ’n diep geestelike boodskap wat by ’n wye gehoor sal aanklank vind.

Appel beskryf die lied, wat hy self geskryf het, as baie persoonlik en sê dit is ’n belydenis van sy geloof en dankbaarheid. Hy verduidelik dat die inspirasie eenvoudig genade was, iets wat hom dra selfs in moeilike tye. Hy sê verder dat Genadewater vir hom anders voel as vorige werk, omdat hy dit geskryf het sonder om aan gewildheid of ranglyste te dink, maar eerder om sy geloof eerlik te verwoord.

Nel sê die snit sal luisteraars van alle ouderdomme, danksy die aansteeklike melodie en betekenisvolle lirieke, bybly. Dit is genade wat jy ontvang sonder om dit te verdien, spesifiek met die onvoorwaardelike liefde wat God aan mense betoon, ongeag hul foute of verlede.

Benewens dié liedjie, kan aanhangers ook uitsien na ’n nuwe musiekvideo wat volgens hom ’n vars en unieke aanslag tot die Afrikaanse musiekbedryf bring.

Genadewater is hier op alle digitale stroomplatforms te kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief