VSA. – Die federale appèlhof het beslis die meeste van Donald Trump se globale tariewe is onwettig.
Lees ook: Amerikaanse handelshof blokkeer Trump se omvangryke tariewe
Die hof het Trump se gesag om die meeste van sy tariewe uit te voer, verwerp en met die laerhof saamgestem dat Trump se aksies “ongeldig en teenstrydig met die wet is”. Die hof het beslis slegs die kongres het die gesag om tariewe in te stel.
Die hof het die uitwerking van die besluit uitgestel tot ná 14 Oktober om die Trump-administrasie kans te gee om by die hoogste hof appèl aan te teken met die tariewe steeds in plek. Die saak sal dan na die laerhof verwys word om die besluit hoe die hoogste hof se besluit, wat nasionale bevele beperk, die saak sal raak.
Trump het die besluit op sosiale media gekritiseer en gewaarsku dat ’n hofbevel om die tariewe te blok “letterlik die Verenigde State van Amerika sal vernietig”. Hy het ook gesê die hoogste hof moet beslis dat hy die mag het om tariewe eensydig in te stel.
Bronne: BBC, ABC News, CBS News
Lees ook: Trump dreig China met nog tariewe