RIYADH, KZN. – ’n Man (30) is Saterdagmiddag na bewering met ’n panga doodgekap nadat hy en sy vriend glo in die Riyadh-nedersetting in KZN ‘n argument gehad het.
Volgens Reaction Unit South Africa het die voorval net na 18:00 Saterdag plaasgevind. Hulle is deur inwoners na die toneel ontbied.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n man se liggaam toegemaak onder ’n kombers aangetref.
Inwoners beweer die oorledene het alkohol saam met sy vriend gedrink waartydens ’n argument tussen die twee ontstaan het. Die verdagte het glo ’n panga by sy huis gaan haal en het met sy terugkeer die oorledene doodgekap.
Die verdagte het vanaf die toneel gevlug.
Bronne: Rusa, Facebook





