Armie Hammer sal nie aangekla word vir verkragting nie

Lees ook :

Armie Hammer sal nie aangekla word in verkragtingsaak nie
Armie Hammer sal nie aangekla word in verkragtingsaak nie fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Aantygings van seksuele aanranding teen Armie Hammer ‘onder hersiening’

Die Man from UNCLE-akteur Armie Hammer sal nie aangekla word in die saak van seksuele aanranding wat in 2021 teen hom aanhangig gemaak is nie. Hammer is beskuldig van verkragting en aanranding deur ’n vrou met wie hy vir vier jaar in ’n aan-af-verhouding was.

 Die Los Angeles-distriksprokureur het besluit om Hammer nie aan te kla nie na ’n uitgebreide ondersoek waarin hulle bevind het daar is nie genoeg bewyse teen hom nie. Hulle het gesê hulle kan nie bewys hy het die vrou gedwing om seks te hê nie, want hulle verhouding was “ingewikkeld”.

Die vrou wat hom aangekla het, slegs bekend as Effie, het in Februarie 2021 na die polisie gegaan en gesê hy het haar in 2017 verkrag en ander kere mishandel. Dit volg na verskeie stories aan die lig gekom het dat Hammer BDSM-aktiwiteite met ander vrouens uitgevoer het en “te ver gegaan het”.

Hammer het op Instagram gesê hy is dankbaar teenoor almal wat hom bygestaan het en hy sal nou weer sy lewe moet opbou na sy agentskap hulle bande met hom verbreek het.

Bronne: BANG Showbiz, The Guardian, The New York Times, Instagram

Lees ook: Aantygings van seksuele aanranding teen Armie Hammer ‘onder hersiening’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief