Arrestasielasbrief vir gesoekte verdagte uitgereik

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Arrestasielasbrief is op 9 September vir Linda Hlengwa, ook bekend as “Mjinja” of “Putin” deur die Pinetown-landdroshof uitgereik.

Kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Hlengwa gesoek word vir sake wat verband hou met die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy is oorspronklik op 20 Julie 2020 in hegtenis geneem, maar is vrygelaat terwyl ballistiese toetse afgehandel word. Sedertdien het hy verskeie hofdagvaardings geïgnoreer.

“Hlengwa word ook in verband met ’n aantal afpersingsake waarin hy glo sakelui in en om die Mariannhill-omgewing terroriseer, gesoek.”

Enigiemand wat weet waar Hlengwa hom bevind kan sers. Gwala by 079 889 9733 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief