Brekende Nuus
Afrikaans

‘As jy bly, gaan jy doodgaan’ – waarsku Florida-owerhede mense met Milton op pad

‘As jy bly, gaan jy doodgaan’ – waarsku Florida-owerhede mense met Milton op pad
fotokrediet: Canva
‘As jy bly, gaan jy doodgaan’ – waarsku Florida-owerhede mense met Milton op pad fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog ‘n Hezbollah-leier dood in Israeliese aanval

FLORIDA, VSA. – Inwoners van die Amerikaanse deelstaat Florida is gewaarsku om te ontruim voor orkaan Milton die gebied môre gaan tref. Owerhede het die inwoners van Florida gewaarsku om te ontruim, want “as jy bly, gaan jy doodgaan”.

Orkaan Milton is ‘n kategorie 4-orkaan met wind van tot 180 myl per uur. Milton volg slegs 12 dae na orkaan Helene. Sowat 230 mense is oorlede in kitsvloede en stortreën veroorsaak deur orkaan Helene, wat die ergste natuurramp was sedert orkaan Katrina in 2005 getref het.

Milton sal na verwagting Woensdag die Florida-kuslyn tref met winde van 111-129 myl per uur. Dit sal moontlik afgradeer word na ‘n kategorie 3-orkaan.

Bronne: Daily Mail, BBC, The Mirror

Lees ook: Cilliers Brink weer DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane