Brekende Nuus
Afrikaans

Cilliers Brink weer DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane

Cilliers Brink weer DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane
fotokrediet: X
Cilliers Brink weer DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane fotokrediet: X

Lees ook: Cilliers Brink verwyder as burgemeester van Tshwane

Cilliers Brink, uitgeskopte burgemeester van Tshwane, is steeds die DA se kandidaat vir die burgemeestersamp wat Woensdag deur die Tshwane-metroraad verkies moet word.

Helen Zille het gesê die brief wat sy aan die ANC gestuur het om te eis dat Cilliers Brink weer as die burgemeester van Tshwane aangestel word, is nog nie beantwoord nie.

Zille het in ‘n brief aan Fikile Mbalula en David Makhura geëis Brink moet weer aangestel word of die DA gaan onttrek van onderhandelinge om ander metro’s te stabiliseer.

‘n Nuwe burgemeester vir Tshwane sal na verwagting môre gekies word ná ‘n wantrouemosie deur die ANC teen Brink geslaag het.

Bronne: IOL, The Citizen, African Insider

Lees ook: Cilliers Brink verwyder as burgemeester van Tshwane