AUSTRALIË. – ’n Waarskuwing is uitgereik aan Australiërs aan die noord-westelike kus van die land vir erge reën en donderstorms met ’n “hoë moontlikheid” van twee tropiese siklone wat kan ontwikkel.
Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere
’n Tropiese laedrukstelsel genaamd 29U kan moontlik vanaf Saterdag in ’n tropiese sikloon naby Darwin ontwikkel.
Nog ’n laedrukstelsel genaamd 30U kan moontlik volgende week Maandag of Dinsdag in ‘n tropiese sikloon ontwikkel. Kenners is besig om die weerstelsels dop te hou.
Australië is van die begin van November tot nou deur 10 tropiese siklone getref.
Bronne: Daily Mail, Sky News, News Wire
Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





