Lees ook: Baba oorlede na ma haar ‘per ongeluk’ in oond sit
KALIFORNIË. – Die medestigter en baas van Nigerië se grootste bank en sy gesin het Vrydag in ’n helikopterongeluk in die VSA omgekom.
Access Bank Group se hoof, Herbert Wigwe, asook sy vrou en seun, is dood toe hulle helikopter in Kalifornië neergestort het. Twee van die bemanningslede en nog ’n onbekende passasier is ook dood.
Die FAA gaan die oorsaak van die ongeluk ondersoek.
Bronne: IOL, NBC News, The Guardian





