NOORD-KAAP. – ‘n Babaseun is op Maandag 23 Desember verlate agter ‘n huis in Jerusalem, Lerato aangetref. Galeshewe-GKS vra hulp van die gemeenskap om die ma of gesin van die baba op te spoor.
Sers. Merapelo Pilane sê die inwoners van die huis het die baba hoor huil en ondersoek ingestel. Die babaseun is agter die huis ontdek en die polisie is ontbied. Hy is tans onder die sorg van die departement van maatskaplike ontwikkeling.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Godfrey Kgatwane by 082 495 4725 te bel.





