WES-KAAP. – ‘n Drie maande oue babaseun is vanoggend (Vrydag) tydens ‘n skietvoorval in Yellowwoodstraat, Bonteheuwel. deur ‘n koeël getref en het later in ‘n nabygeleë hospitaal gesterf.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits twee gewapende verdagtes het omstreeks 07:45 die perseel binnegedring en is na die sitkamer. Een van die verdagte mans het ‘n skoot, vermoedelik vir die vrou bedoel, geskiet en die baba getref. Die ernstig beseerde baba is vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem, maar is later deur mediese personeel dood verklaar.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die motief vir die aanval is moontlik bendeverwant. Bishop Lavis-speurders ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.
AO Swartbooi sê enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.





