Baba dood na skietwond in kop

Lees ook :

Foto: Arrive Alive

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babaseun (1) is Maandagmiddag in Pigogostraat in Umhlazi deur ‘n onbekende verdagte doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê aan Nuusflits die seun was alleen in die huis terwyl sy ma die erf gevee het. Die ma het glo ‘n skoot gehoor en opgemerk die hek was toe. Toe sy die huis binnegaan, het sy die babaseun met ‘n skietwond in sy voorkop in ‘n pas bloed aangetref. Sy het niemand by die huis sien uitgaan nie.

Netshiunda sê Bhekithemba-polisie ondersoek die babaseun se moord.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief