[t4b-ticker]

Baba en twee kleuters sterf na ete

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee kleuters en ‘n baba het Vrydag in Mdantsane buite Oos-Londen gesterf na hulle na bewering kitspap geëet het.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa het aan Nuusflits bevestig die kinders het na bewering nadat hullle kitspap geeët het van maagpyn gekla. Die kinders is vir behandeling na ‘n nabygeleë kliniek gehaas. Al drie het gesterf. Die polisie is ontbied.

Mawisa bevestig die insident word ondersoek en ‘n geregtelike nadoodse ondersoek is geopen.

‘n Kennisgewing oor ‘n kitspap wat as voorsorgmaatreël van die rakke verwyder is, is vroeër deur ‘n bekende winkelgroep uitgereik. Kliënte is aangemoedig om die kitspap terug te neem winkels toe. Volgens die kennisgewing is kennis gedra van die kinders se sterfte. Die kennisgewing is Maandag, nadat dit wyd op sosiale media gedeel is, verwyder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief