Lees ook: Israel berei glo voor om Rafah in te val
GAZA. – ‘n Babadogtertjie wat uit haar oorlede ma se baarmoeder gered is na ‘n Israeliese lugaanval op hulle huis, is oorlede.
Mediese werkers het na ‘n lugaanval Saterdag ‘n noodoperasie op die ma uitgevoer wat sewe en ‘n half maande swanger was. Die baba, wat Sabreen al-Sakani genoem is na haar ma, is na ‘n hospitaal in Rafah geneem, maar sy is gister dood.
Sabreen is langs haar ma begrawe. Haar pa en driejarige suster, Malak, is ook in die aanval dood.
Hulle het glo geslaap toe die Israeliese weermag ‘n lugaanval net voor middernag geloods het.
Sabreen is een van 18 kinders wat dood is na twee lugaanvalle in Rafah die naweek.
Bronne: Independent, The Star, BBC
Lees ook: Israel berei glo voor om Rafah in te val





