Lees ook: Israel bekommerd slegs 40 van die 130 gyselaars lewe nog
RAFAH. – Israel is glo besig om voor te berei om die Palestynse burgers in Rafah te ontruim voor hulle did gebied in Mei inval.
Die ontruiming sal twee tot drie weke neem en burgers sal na skuilings naby Khan Younis en ander gebiede geneem word. Daar sal glo kos en mediese fasiliteite aan hulle beskikbaar gestel word.
Amerikaanse owerhede het hulle kommer oor die implikasie van die ontruiming uitgespreek. ‘n Woordvoerder van ‘n VSA-staatsdepartement, Matthew Miller, het gesê: “Ons wil nie sien Palestynse burgers word ontruim tensy dit is om terug te keer na hulle huise toe nie”.
Benjamin Netanyahu, die Israeliese eerste minister, het Sondag gesê hy gaan “militêre en diplomatieme druk op Hamas vermeerder”. Hy het voorheen beklemtoon die enigste manier om ontslae te raak van Hamas is om Rafah in te val.
Bronne: The Telegraph, Gulf Today, Bloomberg
Lees ook: Israel bekommerd slegs 40 van die 130 gyselaars lewe nog





