Babaliggaam in asblik gekry

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n baba, wat prematuur blyk te wees, is in die Scottburgh-omgewing in ‘n asblik by ‘n plaaslike winkelsentrum gevind.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê oproepe oor die baba wat weggegooi is, is Vrydag ontvang, waarna die diens en Gladiator Security Services na die toneel is.

Die babaliggaam is vir verdere ondersoek aan die plaaslike polisie oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief