VRYSTAAT. – ‘n Babameisie, vermoedelik twee maande oud, is Maandag verlate by die Ficksburg-taxistaanplek by die grenspos gevind. Daar was ‘n blik babamelk en ‘n bottel met melk by haar.
AO Mmako Mophiring sê lede van die gemeenskap was omstreeks 14:30 te voet na die grenspos op pad toe hulle ‘n baba hoor huil het. Met ondersoek is die baba in ‘n rok op die grond gevind. ‘n Ambulans is ontbied, waarna die baba in ‘n hospitaal opgeneem is.
“’n Saak van poging tot moord word ondersoek.”
Ficksburg-GKS vra hulp om die ma van die babameisie op te spoor. Enigiemand met inligting kan speur.sers. Thabiso Kobeli by 084 318 9417 bel.





