VSA. – Elizah Renee Lynn Turner, sewe maande oud, van Columbus, Ohio, het Woensdag gesterf toe een van die drie pitbull-gesinshonde haar tuis verskeur het.
Kameron Turner en Mackenzie Copley, Elizah se ouers, het eers met haar na die nabygeleë brandweerstasie gehaas om hulp te kry. Sy is daarna na die Nationwide Children’s Hospital geneem waar sy dood verklaar is.
Volgens sers. James Fuqua van Columbus-polisie is dit nie seker watter een van die drie honde Elizah aangeval het nie. Al drie die honde is deur die Franklin County Animal Control van die huis verwyder en hulle sal besluit wat met die honde moet gebeur.
Daar word nie verwag dat kriminele aanklagte gemaak sal word nie.
Mackenzie Copley het nog die naweek foto’s van haar dogter en een van die honde geplaas en gesê: “I will never understand why!!! I am so lost and broken. This was the same dog who was side by side with my baby every single day.”
Kameron Turner sê: “Life is so not fair man why us why are [sic] baby. How can I continue living without her man?”
Die gesin het op 1 April in hulle nuwe huis ingetrek en omdat hulle tans rou, is daar ‘n GoFundMe-profiel om hulle te ondersteun, oopgemaak.

Lees Eizah se doodsberig.
Bronne: Daily Mail, Columbus Dispatch en GoFundMe
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com