LIMPOPO. – ‘n Babaseun (11 mnde.) van die Tickeyline-woonbuurt in Sekororo in die Mopani-distrik het gisteroggend omstreeks 07:30 in ‘n emmer met water verdrink.
Volgens konst. Khomotso Roseline Hlokwe het die babaseun en sy ma in die slaapkamer geslaap, waarna sy badkamer toe was en hom alleen gelaat het.
Met die ma se terugkeer het sy haar babaseun met sy kop in die emmer water en sy voete na bo aangetref. Sy het hom uitgehaal, maar hy het nie asemgehaal nie. Nooddienste het die baba op die toneel dood verklaar.
Hlokwe sê Maake-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer en die oorsaak van die baba se dood sal deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





