KWAZULU-NATAL. – ’n Man (29) is Donderdag dood toe hy in Douglas Saundersweg, Hambanathi, Tongaat, sowat 10 meter ver deur ‘n vullisvragmotor gesleep is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing die bestuurder van ‘n Mercedes-Benz Axor-vullisvragmotor het vertel hy was besig om vullissakke op te laai en het ’n man langs die pad sien sit. ’n Ooggetuie het hom kort daarna gewaarsku dat ‘n persoon deur die vragmotor meegesleep word. Die bestuurder het nie geweet dat die man opgestaan en die pad betree het nie. Rusa-beamptes wat op die toneel aangekom het, het die man in ’n vooroor posisie aangetref. Hy het ernstig gebloei en is op die toneel dood verklaar.
Die oorledene se identiteit is bevestig.





