Babaseun uit puttoilet gered

Lees ook :

Foto's: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Babaseun is vanoggend (Vrydag) uit ‘n puttoilet in die Sundumbili-gebied gered.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens saam met IPSS Search and Rescue het hulle na die toneel gehaas nadat lede van die gemeenskap die baba hoor huil het en vinnig hulp ontbied het. Die baba is deur paramedici geassesseer en na die Sundumbili-kliniek geneem. Dit kom voor asof hy in goeie gesondheid verkeer. Die seun is vanoggend gebore. In die foto saam met hom is ‘n vrou wat hom help red het.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief