Badkamers op lughawe deur wateronderbreking geraak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Badkamers by die OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) kan weens ‘n tydelike wateronderbreking tans nie ten volle benut word nie.

Volgens die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) word onverpoos gewerk om die watervoorsiening so gou as moontlik te herstel. Die publiek is om verskoning gevra en vir hulle geduld en begrip bedank.

Die presiese oorsaak van die onderbreking is nie bekend gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief