Lees ook: JD Vance vergelyk Kamala Harris met Jeffrey Epstein
CHICAGO, VSA. – Die voormalige president Barack Obama en sy vrou, Michelle, het hulle ondersteuning vir Kamala Harris as die volgende president van die VSA uitgespreek.
Obama het gesê die VSA is gereed vir Harris om president te word en het gesê sy is iemand wat ‘n mens sien en hoor en “elke dag sal opstaan om vir jou te veg”.
Hy het gesê “Ja, sy kan” wat sy ou veldtogslagspreuk was.
Michelle het gesê “hoop is besig om terug te kom”. Sy het ook die Demokrate daaraan herinner om te stem “sodat daar geen twyfel is nie”.
Bronne: IOL, BBC, EWN
Lees ook: JD Vance vergelyk Kamala Harris met Jeffrey Epstein