Lees ook: Kamala Harris steek Trump verby in drie belangrike state
VSA. – Die Republikaanse visepresidentskandidaat, JD Vance, het Kamala Harris tydens ‘n onderhoud op Fox News met die pedofiel Jeffrey Epstein vergelyk.
Vance, wat Trump se visepresidentskandidaat is, het gesê: “Om Kamala Harris beheer te gee oor inflasiebeleid, is soos om Jeffrey Epstein beheer te gee oor die beleid oor mensehandel. Die Amerikaanse mense is slimmer as dit”.
Sy kommentaar volg na hy sy frustrasie uitgespreek het oor Harris Trump in ‘n peiling verbysteek het. Vance is vir sy kommentaar gekritiseer, veral gesien in die lig van Trump se geskiedenis met Epstein.
Giving Kamala Harris control over inflation policy is like giving Jeffrey Epstein control over human trafficking policy” – JD Vance #JeffreyEpstein pic.twitter.com/x6xOwNUfrw
— Mayank (@unicorntabloid) August 19, 2024
Bronne: News18, Sky News, The Sun, X
Lees ook: Kamala Harris-veldtog ook deur kuberkrakers geteiken