Barberton-paar deur kameelperd aangeval

Lees ook :

Die egpaar is op Valentynsdag deur 'n kameelperd aangeval. Foto's: Caxton News en Canva

BARBERTON, MPUMALANGA. – Sakkie en Yvonne Dednam is Woensdag deur ’n jong kameelperdbul op die Greenstone-wildlandgoed aangeval.

Hulle het na bewering, soos wat hulle gewoonte is, op die landgoed waar hulle bly, met hulle honde gaan stap. ’n Jong kameelperdbul het glo op hulle afgestorm en hulle geskop en vertrap. Die honde het tydens die aanval weggehardloop.

Volgens hulle seun, Eduard, kon Sakkie daarin slaag om onder ’n bos skuiling te soek. Yvonne kon egter nie en het kopbeserings en harsingskudding opgedoen. ’n Paar van Sakkie se ribbes is tydens die voorval gebreek.

Gerhard Bessenger, ondervoorsitter van die landgoed se raad, het die voorval bevestig en die nooddienste geprys vir hulle vinnige optrede.

Bronne: Caxton News, SA People News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief