Barmhartige Samaritane geskiet – ‘Wees versigtig vir gestrande mense’ maan SAPD

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die polisie vra die gemeenskap om ekstra versigtig te wees wanneer mense wat in die aand gestrand is, gehelp word. ‘n Broer is dood en sy ander broer gewond nadat daar op hulle geskiet is.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die broers het Sondagoggend omstreeks 02:20 op die R40 naby die natuurreservaat in Bosbokrand gery toe hulle glo ‘n voertuig wat aan hulle bekend is langs die pad geparkeer sien staan het.

“Wat veronderstel was om ‘n goeie gebaar aan mense te wees wat vermoedelik hulp nodig het, het dodelik geword toe daar op die barmhartige Samaritane geskiet is.”

Die broers het met die intensie om hulp aan te bied, gestop, waarna daar uit die voertuig op hulle geskiet is. Die broer wat bestuur het, is in die onderlyf geskiet, terwyl sy broer wat ‘n passasier was, in die rug geskiet is.

“‘n Aanvaller het die slagoffers genader en van ‘n vuurwapen beroof.”

Na die skietery en roof het een van die broers daarin geslaag om vir mediese hulp tot by ‘n hospitaal te bestuur. Een van die broers het by die hospitaal aan sy beserings gesterf.

“Die polisie het sedertdien ’n soektog na die verdagte(s) van stapel gestuur.”

Enigiemand met relevante inligting van die misdaad kan lt.kol. Busisiwe Kunene by 082 422 8189 bel.

Maj.genl. (dr.) Zeph Mkhwanazi dring aan die gemeenskap moet die polisie vir hulp bel, voordat hulle hul eie lewens in gevaar stel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief