WES-KAAP. – SANParke het bevestig dat ’n BASE-springer en vlerkpakvlieër, Brendan Weinstein, Maandag by Platteklipkloof in die noordelike deel van Tafelberg Nasionale Park oorlede is. Volgens SANParke is BASE-spring ’n onwettige en ongereguleerde aktiwiteit wat streng verbode is in Tafelberg Nasionale Park. Die akroniem BASE verwys na spronge vanaf geboue, kranse, antennas of radiomaste en brûe.
Luidens ‘n verklaring van SANParke het veldwagters en nooddienste tydens ’n gekoördineerde reddingsoperasie die betrokke persoon opgespoor, maar hy is ter plaatse as oorlede verklaar. SANParke het sy innige meegevoel aan die familie en vriende van die oorledene uitgespreek.
Die park is ’n beskermde gebied ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede (Wet 57 van 2003) en vorm deel van ’n UNESCO-Wêrelderfenisgebied. Aktiwiteite wat ’n risiko vir menselewe of die omgewing inhou, is nie toegelaat nie.
SANParks vra die publiek om enige onwettige aktiwiteite te rapporteer deur hul noodnommer 086 110 6417 te skakel of ’n e-pos te stuur aan [email protected].
Kívia Martins van Rio de Janeiro het Brendan Weinstein se afsterwe op haar Facebook-blad bevestig en vra enigiemand met herinneringe en foto’s van Brendan om dit te deel. Die doel is om dit vir Eiger, hulle seun, te bewaar.
“Dear friends, On January 5th, around 9:00 AM local time in Cape Town, South Africa, we lost Brendan far too soon. He was deeply loved, and he left a powerful mark on so many people. One day, I want our son, Eiger, to be able to know his father through the memories of those who knew him, the moments, the stories, and the impact he had on others. I’ve created a Google Form where you can share a memory, a few words, or photos of Brendan if you feel comfortable doing so. These will be saved and shared with our son when he is older. Thank you for helping me preserve who Brendan was. It truly means more than I can express.” https://docs.google.com/…/1FAIpQLSe4OH_j…/viewform…





