Batebewaringsbevel vir voertuie en eiendom van ‘onwettige mynbaassbreine’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Pretoriase hooggeregshof het op 12 Desember 2025 ’n bewaringsbevel van meer as R12,1 miljoen aan die nasionale vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid toegestaan vir roerende en onroerende eiendom wat direk en indirek gekoppel is aan lede van ’n sogenaamde zama-zama-sindikaat wat tans in dieselfde hof verskyn. Dit sluit onder meer 15 vaste eiendomme en 36 voertuie in.

Luidens ‘n gesamentlike verklaring deur Lumka Mahanjana van die NVG en kol. Katlego Mogale van die Valke raak die bevel eiendom wat verbind word met Chimene Mlambo, Elias Christopher Ngobeni, Nason Ngobeni en Alex Sithole. ‘n Operasie is deur die batebeslagleggingseenheid, saam met die Valke se taktiese en gespesialiseerde ondersoekeenhede, by verskeie geïdentifiseerde persele uitgevoer. Tydens die uitvoering van die bevel is daar op verskeie voertuie beslag gelê.

Ondersoeke duur voort om ander bates op te spoor wat nog nie gevind is nie. Die volgende stap is ’n aansoek om ’n finale verbeurdverklaringsbevel te verkry, waarna die bates verkoop sal word en die opbrengs in die strafregtelike bateverhalingsrekening gestort sal word.

Mahanjana sê die bevel stuur ’n duidelike boodskap dat persone nie toegelaat sal word om onregmatig uit misdaad voordeel te trek nie en dat die staat sal voortgaan om bates wat uit misdaad verkry is, te teiken.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief