Beduidende deurbraak in Heidedal-moordondersoeke

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die polisie het ’n groot deurbraak gemaak in verband met veelvuldige moorde wat vroeër vanjaar in Heidedal, Bloemfontein, plaasgevind het.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die ondersoekbeampte het noodsaaklike inligting ontvang en opgevolg. Donderdagoggend vroeg is ‘n suksesvolle opsporingsoperasie uitgevoer. ’n Verdagte, wat vermoedelik aan twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle gekoppel kan word, is in hegtenis geneem.

Die eerste voorval het in Junie plaasgevind toe verdagtes ’n bekende dwelmperseel in Heidedal geteiken het. Slagoffers is lukraak geskiet en drie persone is weens skietwonde dood.

Gedurende ‘n tweede verwante voorval in Julie is die eienaar van dieselfde dwelmperseel deur ’n verdagte doodgeskiet. Die verdagte het van die toneel gevlug. Nadat hy in hegtenis gemeen is, is ‘n uitkenningsparade gehou waartydens die 35-jarige man as verdagte vir die Julie-moord geïdentifiseer is. Hy sal vandag (Maandag) in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief