Beendere van persoon langs pad ontdek

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die beendere van ‘n geklede persoon is Vrydagmiddag langs die R102 in Verulam ontdek.

Reaction Unit Sourh Africa sê omsreeks 13:00 is ‘n oproep van Ethekweni- munisipale werkers wat die ontdekking gemaak het, ontvang.

Met aankoms op die toneel is reaksiebeamptes meegedeel hulle moes die gras drie meter van die pad af na binnetoe sny toe hulle op die geraamte in ‘n drein afkom.

Lt.kol. Robert Netshiunda sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen nadat die liggaam van ‘n man wat reeds in ‘n ontbinde toestand is, langs die pad gevind is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief