Liggame van vrou en ‘n man afsonderlik met skietwonde gevind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n vrou (45) is Saterdagaand in haar sitkamer in Amouti aangetref. Die liggaam van ‘n manspersoon (35) is daar naby in ‘n voetpad gevind.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep oor skote wat gehoor is, is omstreeks 18:40 deur die Phoenix- operasionele sentrum ontvang.

Op die toneel is die liggaam van die man met ‘n enkele skietwond in sy kop in ‘n voetpad aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar. Nie ver van die eerste toneel nie is die vrou in haar sitkamer met skietwonde in haar bors en hande dood verklaar. 9 mm-doppies is op die toneel gevind.

Rusa-beamptes vermoed die man het die vrou geskiet. Daar kon egter nie vasgestel word of die man homself geskiet het en of hy deur ‘n ander persoon geskiet is nie.

Inwoners sê die man is na bewering ‘n bekende bendelid in die area wat glo onlangs ná ‘n moordvonnis uit die tronk vrygelaat is. ‘n Ongelisensieerde 9 mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl is, is langs hom gevind.

Die ondersoek na die dubbelmoord duur voort.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief