Begrotingsrede vind na verwagting vandag plaas

Lees ook :

Begrotingsrede vind na verwagting vandag plaas fotokrediet: Canva

Die begrotingsrede sal na verwagting vandag deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, gelewer word na dit verlede maand uitgestel is oor ‘n meningsverskil oor ‘n verhoging van 2% in BTW.

Lees ook: 2025-begroting goedgekeur

Nedbank het voorspel daar sal steeds ‘n verhoging van 0.5% tot 1% in BTW aangekondig word.

Volgens BusinessTech sal daar moontlik ‘n verhoging wees in die brandstofheffing en die padongelukfondsheffing.

Dit is moontlik dat die belasting op produkte soos alkohol en sigarette sal vermeerder.

Daar is ook ongelukkigheid onder groepe wat wil hê president Ramaphosa moet die minister van finansies aanspreek oor sy kommentaar oor die armoedetoelaag van R370. Hy het die naweek glo gesê die regering sal nie die 2020-pandemie se “tydelike” SRD-toelaag kan befonds sonder ‘n verhoging in BTW nie.

Bronne: IOL, EWN, BusinessTech

Lees ook: 2025-begroting goedgekeur

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief