Verdagtes gesoek na bejaarde aangeval en verkrag is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (65) is glo Saterdag omstreeks 03:00 deur verdagtes in haar huis in Bergman Square in Bloemspruit aangeval en herhaaldelik verkrag. Die Bloemspruit-polisie is op soek na die verdagtes.

Sers. Mahlomola Kareli sê volgens ‘n verklaring die vrou en ander familielede het gerus toe hulle geluide van ‘n deur wat breek gehoor het. Drie verdagtes met ‘n mes is reguit na die vrou se slaapkamer. Die verdagtes het glo geld geëis en die vrou se kleinseun (15), wat in die kamer was, met ‘n mes in die arm gesteek, waarna geld van haar gesteel is. Die ouma is na bewering na buite gesleep en herhaaldelik verkrag. Sy het om hulp geskree, waarna bure haar te hulp gesnel het. Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Die Bloemspruit-polisie is ontbied en het ‘n saak van huisroof en twee verkragtingsake geregistreer.

Enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes sal lei, kan speur.sers. Nombi Peter van Mangaung-GKS by 083 383 6969 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief