Bejaarde boer van Kuruman vermoor, verdagte aangekeer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Hendrik Venter (81), ‘n boer van Kuruman, se liggaam met kopwonde is Vrydag omstreeks 09:45 by die hek van ‘n aangrensende plaas, langs sy voertuig, aangetref. ‘n Verdagte is intussen deur die polisie aangekeer.

Kol. Cherelle Ehlers sê aan Nuusflits Venter het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel omstreeks 08:30 verlaat om beesposte te besoek. Die polisie is ontbied nadat sy liggaam later ontdek is. Volgens vermoede is ‘n onbekende bedrag geld vermis.

Alle relevante rolspelers is op soek na verdagtes.

“Omstreeks 18:00 is drie verdagtes naby Hotazel ​​opgespoor. Twee verdagtes het gevlug, maar die derde man (25) is aangekeer.”

Ehlers sê daar word volgens vermoede nog na vier verdagtes gesoek.

“Die soektog duur voort en enigiemand wat inligting het kan lt.kol Gert du Plessis by 082 454 2942 bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

Verskeie eenhede van Kuruman wat die honde-eenheid, sigbare polisiëring, hoofwegpatrollie, misdaadintelligensie en die plaaslike kriminele rekordsentrum insluit, is deel van die opsporingsoperasie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief