Bejaarde egpaar in Marloth Park aangeval, verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man (68) wat van ‘n draagbare lewensondersteuningstoestel afhanklik is en sy vrou (64) is Saterdag, omstreeks 20:00, in Marlothpark in Komatipoort in hul huis oorval. Die polisie is op soek na drie verdagtes.

Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die man is as gevolg van ‘n longsiekte van die toestel afhanklik. Die man het klopgeluide buite gehoor, ondersoek ingestel en niemand gesien nie. Die geluide het egter aangehou en hy het om die huis geloop om ondersoek in te stel. Drie verdagtes het skielik deur die slaapkamerdeur, wat oopgebreek is, die huis binnegekom. Een van die verdagtes het glo ‘n vuurwapen en die ander ‘n mes gehad. Die derde verdagte was onbewapen. Die man is gesteek, terwyl die tweede verdagte sy vrou met ’n vuurwapen gedreig en geld geëis het. Die verdagtes het met R180 000 in kontant, $10 000, ‘n vuurwapen en twee windbukse van die toneel gevlug. Die gesamentlike geskatte waarde van die buit beloop ongeveer R194 200.

Enigiemand met relevante inligting wat tot die identifisering en inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word gevra om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief