’n Skikking is bereik deur die nasionale verbruikerskommissie en die House of Natural Butters (HNB), oftewel Eden All Butters, ná grondboontjiebotter wat deur dié maatskappy vervaardig is verlede jaar herroep is. Kragtens die ooreenkoms gaan HNB ’n boete van R500 000 betaal.
Lees ook: Nog grondboontjiebotter herroep
Dit volg ná Dischem en Pick n Pay in Februarie 2024 grondboontjiebotter moes herroep wat vervaardig is deur HNB oor hoë vlakke aflatoksine wat in sommige van hul produkte gevind is.
Die kommissie het bevind dat HNB onveilige, vrot en besmette grondboontjies ingevoer en daarmee grondboontjiebotter vervaardig het. Dit het kosveiligheidregulasies en verbruikersbeskermingwette oortree. Dié produkte ingevoer uit Malawi en Zambië met “trokke en sleepwaens wat nie die nodige sertifikastehet om kos te vervoer nie”.
Die saak teen ’n ander vervaardiger van grondboontjiebotter duur steeds voort.
Bronne: IOL, The Citizen, Engineering News
Lees ook: Nog grondboontjiebotter herroep





