Bejaarde egpaar op plaas aangeval

Lees ook :

Foto: Dawie Grobbelaar

LIMPOPO. – Dawid (84) en Liesbet Grobbelaar (78) is Saterdagaand omstreeks 20:00 op hulle plaas in die Tzaneen-omgewing aangeval.

Twee verdagtes het die bejaardes aangerand en met gesteelde goedere van die toneel gevlug. Hulle spore is gevolg en van die gesteelde goedere is teruggekry.

Dawie Grobbelaar, die egpaar se seun, het hom Sondag na sosiale media gewend om diegene wat sy ouers te hulp gesnel en ondersteun het, te bedank.

Aanvanklik was beide bejaardes gehospitaliseer, maar beide is intussen ontslaan. Volgens kommentaar op Facebook sterk hulle tuis aan.

Nuuslits het polisiekommentaar gevra.

Lees Grobbelaar se plasing hier onder:

“PLAASAANVAL op my ouers, Dawid en Liesbet Grobbelaar. GRAAG wil ek elke persoon wat vanaf gisteraand gehelp het, uit my hart uit bedank vir jul onmiddellike en vinnige optrede en al julle tyd, daar was soveel individuele mense, sekuriteitsmaatskapye, plaas- en dorpswagte, Beheerkamer, Paramedici, Hospitaalpersoneel, SAP en so Baie ander wat kom help het, julle maak dat ons gemeenskap nog veilig kan voel in hierdie land.

BAIE DANKIE aan ALMAL. Spesiale dank aan: Jean en Carla wat van die eerste oproep tot nou toe die heeltyd ondersteuning gee. “Pine” en Colenel met julle professionele span. Guppie, JY !!!!! Aan almal wat skakel en almal wat hulp aanbied, weet dat my ouers ontsaglik dankbaar is vir julle. JULLE ALMAL MAAK ONS GEMEENSKAP STERK wees GESEËND

Aan die twee wat 20:30 in my ouers, 84jr en 78jr oud, se huis ingekom het. En kom doen het wat julle gedoen het. Weet die volgende: My GOD WILL JUDGE YOU

Bronne: Dawie Grobbelaar en Liz Woest – Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief