Bejaarde gearresteer nadat sy vrou aan skietwond sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde man (74) is op beskuldiging van sy vrou se moord (58) in Senekal gearresteer. Daar is glo aanvanklik eers rapporteer dat die vrou haarself Donderdagaand in hulle slaapkamer geskiet het.

AO Mmako Mophiring sê ‘n vuurwapen is langs die oorledene se liggaam aangetref. Na bewering het die man en vrou saam gesit toe sy skielik kamer toe gaan. Sy is met ‘n noodlottige skietwond in die kop aangetref. Die vuurwapen wat op die toneel aangetref is, behoort wettiglik aan die oorledene en is gekonfiskeer. Tydens die ondersoek is beide die oorledene en haar man vir ontstekingsresidu getoets. Verdere ballistiese toetsing sal gedoen word.

Mophiring sê ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen, maar tydens die nadoodse ondersoek, wat die Donderdag om 14:00 by die staatslykshuis in Betlehem gedoen is, is bevind die oorledene het ‘n skietwond aan die agterkant van haar kop opgedoen. Die geregtelike doodsondersoek is na moord verander, waarna die bejaarde gearresteer en vir moord aangekla is.

Die bejaarde verdagte sal vandag (Maandag) op die aanklag van moord in die Senekal-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief