Bejaarde man dood aangetref ná vermoedelike huisroof op plot

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man (62) is Donderdag in sy huis op ‘n plot in Kameelfontein ná ’n vermoedelike huisroof dood aangetref.

Kapt. Johan van Dyk, Tshwane-polisiedistrik-woordvoerder, bevestig dat polisiebeamptes na die toneel ontbied is nadat ‘n klagte oor ‘n persoon wat op plot 71 oorlede is, ontvang is. Met hul aankoms is die man in die huis in ‘n plas bloed aangetref. Hy het beserings aan sy buik opgedoen en het kneusplekke by sy oog en krapmerke op sy hande gehad.

Volgens inligting is die man laas omstreeks 05:30 dieselfde dag lewend gesien. ’n Buurman wat op dieselfde eiendom woon, het die liggaam ontdek toe hy van die werk af teruggekeer het. Hy het opgemerk dat die huis se deur oopstaan en het die oorledene omstreeks 16:00 binne gevind.

Daar word vermoed dat ’n vuurwapen, ’n selfoon en ’n bossiekapper (weed eater) tydens die voorval gesteel is. Deskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam. Van Dyk sê ‘n saak van moord en huisroof word ondersoek en enigiemand met relevante inligting vord gevra om lt.kol. Radue by 082 774 9973 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief