Bejaarde sit weke by dam in motor vas

Lees ook :

Foto: Sarza Limpopo

LIMPOPO. – Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het Vrydag hulp van die soek-en-reddingseenheid van Suid-Afrika (Sarza) gevra om ‘n bejaarde man te bevry wat vir vier weke in sy motor naby die Tzaneen-dam vasgekeer was.

Sarza sê die operasie wat Vrydag begin het, is Saterdag voltooi. Sarza, saam met die departement van bosbou, visserye en die omgewing, het dadelik reageer om die voertuig op te spoor. Die bejaarde man was reeds weke lank gestrand en om hom te stabiliseer, is hy van eerstehulp, kos en water voorsien. Dit was reeds donker en daar is besluit om die reddingstog in daglig aan te pak.

Saterdag is brandstof in die motor gegooi en met hulpkrag aan die gang gekry, waarna dit suksesvol uit die gebied gery is.

Die bejaarde man is vir verdere mediese aandag aan ER24-ambulansdienste oorhandig.

Sarza het Tzaneen-GPF, DFFE en ER24 vir die suksesvolle afhandeling van die reddingsoperasie bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief