Bejaarde tydens huisroof doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man (65) is Dinsdagaand omstreeks 21:00 tydens ‘n huisroof in Erasmusrand doodgeskiet.

Kapt. Johan van Dyk sê aan Nuusflits twee vermomde verdagtes is na bewering by die misdaad betrokke. Twee broers was Dinsdagaand tuis toe die klaer stemme buite sy kamervenster hoor. Hy het gekyk en ‘n verdagte met ‘n klapmus, wat ‘n vuurwapen op hom rig, buite sien staan. Die verdagte het twee skote na hom geskiet.

Die klaer het uit sy kamer gehardloop en die deur agter hom toegemaak, terwyl hy na sy broer geroep het om sy vuurwapen te bring. In hierdie stadium het hy gehoor hoe die venster breek en die beweerde verdagtes van buite af in sy kamer inkom. Die klaer se broer het tevergeefs die deur probeer toehou, maar is deur die verdagtes oorval. ‘n Skoot is geskiet terwyl die klaer in die gang af gehardloop het. Hy het dadelik op die vloer gaan sit. Een van die verdagtes het sy selfoon gevra en hy het gesê alles is in die kamer. Die klaer se broer, wat met ‘n vuurwapen aangehou is, het weerstand gebied en is geskiet. Hy is op die toneel deur nooddienste dood verklaar.

Van Dyk sê die verdagtes het met ‘n skootrekenaar, ‘n selfoon en geld deur die venster gevlug, waar hulle ingekom het.

Die Brooklyn-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en moord.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief